KYK: Drank, oorstromings en swaar reën loop nie hand aan hand

Deel hierdie storie / Share this story

In ‘n video wat wyd en syd op sosiale media gedeel word, probeer ‘n man tevergeefs opstaan terwyl die modderwater in (vermoedelik ‘n straat in KwaZulu-Natal na die oorstromings) langs hom verbystroom.

Die video is al meer as 400 000 keer gekyk en 6 800 keer gedeel.

Baie van die kykers lag vir die man en sê die drankprobleem in Suid-Afrika is ernstig, terwyl ander ernstiger is in die kommentaarblok en sê die man kan verdrink.

Hoe voel jy daaroor?