Beandri Booysen (16) kry heupoperasie

Deel hierdie storie / Share this story

Die 16-jarige Beandri Booysen van Pretoria wat met ‘n skaars verouderingsiekte gediagnoseer is, is vandag in die operasiesaal vir ‘n heupoperasie.

Haar ma, Bea, het die nuus op ‘n Facebook-groep, BEANDRI, OUR INSPIRATION, gedeel.

Sy het vroeër vandag gesê Beandri “is nou in droomland” en dat sy vir drie ure in die teater gaan wees vir die heupoperasie.

“Sy het aan die slaap geraak met ‘n glimlag op haar gesiggie.”

Bea bedank ook ondersteuners vir boodskappe en gebede.

Beandri het in haar 16 jaar in baie Suid-Afrikaners se harte ingekruip met haar positiewe uitkyk op die lewe. Sy het ook ‘n TikTok-rekening waarop sy gereeld regstreekse video’s plaas.