Britney Spears het aangekondig dat sy swanger is met haar derde kind. Die sangeres het reeds twee kinders, Sean Preston (16) en Jayden James (15) uit haar vorige huwelik met Kevin Federline.
Die 40-jarige popster het op 11 April die nuus op haar Instagram-profiel bekendgemaak. Sy het na ’n wegbreek saam met haar verloofde, Sam Asghari, opgelet dat sy gewig aangesit het en besluit om ’n swangerskaptoets te doen.
Spears het Asghari tydens die skiet van haar Slumber Party-musiekvideo ontmoet en die twee het in September verlede jaar verloof geraak.



