Vyf dae na Will Smith die wêreld aan die gons gehad het by die Oscars, het hy besluit om uit die Academy of Motion Picture Arts and Sciences te bedank.
Die bekende akteur, wat die komediant Chris Rock op die verhoog geklap het, sê hy het die akademie se vertroue “verraai” deur sy gedrag.
Rock, wat onlangs nog gesê het dat hy “nog verwerk wat gebeur het”, het besluit om nie ‘n saak teen Smith te maak nie.



