Dis reeds ‘n maand en ‘n half sedert die 12-jarige Zoan van Zyl uit ‘n kinderhuis op George verdwyn het.
Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die hof het die seun na die kinderhuis gestuur omdat sy ma haweloos was.
Hy sê Van Zyl is laas op 20 Februarie om 12:20 by die Môreson-kinderhuis gesien.
Pojie sê sy ma sou hom daardie dag by die kinderhuis besoek, maar sy het weer geloop omdat dit buite besoektye was.
Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om die ondersoekbeampte by 082 522 1050 te kontak met enige inligting oor sy verdwyning.



