Boervrou wat aanvaller doodskiet, kry mediese hulp

Deel hierdie storie / Share this story

Die 64-jarige boervrou Marieta Wilhelm wat van moord aangekla is na sy haar aanvaller op haar plaas doodgeskiet het, het nou die mediese hulp gekry wat sy benodig het.

Willem Petzer, aktivis teen plaasmoorde, het gesê hy kon met Wilhelm se prokureur praat. Die prokureur word uit die regsfonds wat vir Wilhelm gestig is, betaal.

‘n Dokter kon Wilhelm in die tronk besoek om aandag te gee aan haar beserings wat sy tydens die plaasaanval opgedoen het.

Petzer is ook op pad na Namibië om te kyk of hulle Wilhelm kan help.

Lees die vorige berig hier.

Volg FiND iT hier op Facebook