Die 65-jarige boervrou Marieta Wilhelm wat van moord aangekla is na sy haar aanvaller op haar plaas doodgeskiet het, se aansoek om borgtog is nie goedgekeur nie.
Wilhelm is op haar plaas in die Grootfontein-distrik in Namibië aangeval en het haar aanvaller doodgeskiet.
Sy is van moord aangekla en haar aansoek om borg is tot 24 Maart uitgestel.
Republikein het aan FiND iT bevestig Wilhelm se borgtog is toe nie goedgekeur nie, maar dat die hof beslis het dat sy voorts formeel om borg kan aansoek doen.
“Haar regsverteenwoordiger, Jan Wessels, het verlede week Donderdag gesê dat haar formele borgaansoek binnekort weer in die hof sal voorkom.”
Wilhelm is op Otavi in aanhouding. – Republikein
DIE VIDEO IS OP 17 MAART DEUR REPUBLIKEIN GEDEEL, TOE WILHELM AANSOEK GEDOEN HET OM BORG.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



