Die polisie bied nou ‘n beloning van R50 000 aan vir enige inligting oor die aanval op dr. Esther Mahlangu.
Mahlangu is op Saterdag 19 Maart omstreeks 15:00 by haar huis in Weltevrede beroof en aangeval.
Die polisie sê die bejaarde is glo aangerand en vasgebind waarna die rowers ‘n kluis met ‘n 7.65 mm pistool, geld en sleutels gevat het.
“Sy is hulpeloos agtergelaat en het beserings in haar gesig opgedoen. Haar kleindogter het later op haar afgekom en ‘n saak is geopen.”
Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 318 9843 kontak.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Seun (12) verdwyn uit George-kinderhuis
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



