Dale Ronald Harmse (50), wat hom as ‘n advokaat op Oudshoorn voorgedoen het, is Woensdag 23 jaar tronkstraf opgelê.
Harmse is vroeër skuldig bevind op aanklagte van bedrog en geldwassery na hy met ‘n halfmiljoen rand verdwyn het.
Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die saak is in April 2020 teen Harmse geopen ná Harmse en die klaer mekaar op Oudshoorn ontmoet het. Die klaer het glo ‘n verwysing ontvang dat Harmse ‘n baie goeie advokaat is.
Harmse het die klaer oortuig om R500 000 in sy “trustfonds” te betaal, wat toe eintlik sy eie rekening was.
Toe daar later ondersoek ingestel is, is daar bevind dat Harmse met die klaer se geld verdwyn het.
Harmse is in Desember daardie jaar in hegtenis geneem.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Jong pa kry lewenslank na hy seuntjie (3) vermoor
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



