‘n Pa wat in Oktober verlede jaar sy 3-jarige seuntjie versmoor en toe sy liggaampie in ‘n kas weggesteek het, sê die plan was om ná die moord op sy seun sy eie lewe te neem, maar hy het aan die slaap geraak.
Gift Hendrik Stander (24) van Bloemside net buite Bloemfontein is Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Stander het op 17 Oktober 2021 sy 3-jarige seuntjie, Sizwe Welcome Ntsaba, in sy ouerhuis versmoor.
Hy het in die hof skuld beken.
Netwerk24 berig hy het tydens sy pleitverduideliking berou oor die moord uitgespreek.
“Ek het ‘n baie slegte ding aan my kind gedoen en moet vir die res van my lewe daarmee saamleef.”



