‘n Ma van Las Vegas het ‘n uur na sy in ‘n badkamer aan haar babatjie geboorte gegee het, probeer om die baba te versmoor omdat sy glo ‘n abnormale reuk geruik het en die baba vir haar “gegrom” het.
Die 22-jarige Ashley Hollingsworth het haar baba glo met ‘n kombers probeer versmoor.
Die polisie het aanvanklik gedink die baba het bloeding op die brein opgedoen, maar dis later vasgestel dat die baba geen beserigs het nie.
Toe Hollingsworth die volgende dag met speurders gepraat het, het sy gesê daar was “iets boos” in haar maag wat haar baba probeer doodmaak het.
Hollingsworth het ook self wonde aan haar gesig gehad.
Sy is Woensdag in hegtenis geneem en word van poging tot moord en kindermishandeling aangekla. – PIX11



