Ruth Jacobs van Pretoria-Noord is dood van kommer oor die vriendelike Wilson wat sy op 18 Maart laas gesien het.
Jacobs, wat saam met haar man ‘n projek begin het om haweloses te help om werk te kry of kos te gee, sê sy ken Wilson al vir twee jaar van waar hy op die hoek van Gerrit Maritz- en Jan van Riebeeckstrate in Pretoria-Noord staan.
“Ek het hom op 18 Maart 09:00 die oggend laas gesien.” Sedertdien is Wilson skoonveld.
Sy sê hy het maar altyd alleen geloop en daar is nie familielede of vriende wat sy kan kontak in verband met sy verdwyning nie.
Sy vertel hulle het al pamflette gemaak, Wilson as vermis aangemeld en ook op haar Facebook-blad gevra dat mense moet uitkyk vir Wilson.
“Wilson is ouer as 75 jaar oud, hy is langerig en hy het ook onlangs sy hare geskeer.” Nog ‘n kenmerk van Wilson is dat hy net ‘n regterarm het.
“Hy is ook baie vriendelik en hy lag baie.”
Jacobs doen ‘n beroep op die gemeenskap om op die uitkykvir Wilson te wees en haar dadelik te laat weet indien hulle hom dalk iewers gewaar. Kontak Jacobs by 073 196 2956.

Die klere wat Wilson aangehad het ten tye van sy verdwyning.



