Christopher Watson, wat daarvan beskuldig word dat hy sy eks-meisie en die ma van sy kind koelbloedig vermoor het, het Dinsdag vlugtig in die Secunda-landdroshof verskyn.
Die saak is tot 26 April uitgestel.
Watson word daarvan beskuldig sat hy Angelique Fourie (27) op 7 November verlede jaar in haar huis in Terra Nova Village op Trichardt vermoor het.
‘n Nadoodse ondersoek het getoon dat sy verskeie keer gesteek is.
Watson het na die beweerde moord van die toneel gevlug en homself op 9 November aan die Norkem Park-polisie oorhandig.
Hy is teruggeneem na Secunda waar hy tans in die Bethal-tronk in aanhouding is.



