Regsfonds gestig vir boervrou wat aanvaller glo doodskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Die 65-jarige boervrou wie se borgaansoek misluk het en nou in die tronk is vir moord na sy glo haar aanvaller doodgeskiet het, sal nou dalk binnekort die nodige regshulp kry.

Willem Petzer, aktivis teen plaasmoorde, het ná FiND iT se berig oor Marieta Wilhelm se omstandighede in Namibië, besluit om vir haar ‘n regsfonds te stig en met hulp van die gemeenskap is daar tot dusver meer as R23 000 bymekaargemaak.

Wilhelm is op haar plaas in die Grootfontein-distrik aangeval en haar aanvaller is doodgeskiet. Sy is van moord aangekla en haar borgaansoek is afgekeur.

Sy is op Otavi in aanhouding.

Petzer sê die geld wat ingesamel word, gaan direk na ‘n trustrekening toe.

“Ons probeer ons bes om haar so gou as moontlik uit die tronk te kry. Sy kon nog nie borg kry na haar arrestasie vir moord nie en sy het dringend mediese sorg nodig,” sê Petzer.

As jy self wil bydra, doen so op die iTickets skakel, of deur direkte oorbetaling:

Bankbesonderhede:
Vorsters Inc Trust
FNB Tjek rekening: 62218116508
Takkode: 250655
NB Verwysing: PETZER

iTickets skakel: https://itickets.co.za/events/464038