WAARSKUWING: DIE VIDEO MAG SENSITIEWE KYKERS ONTSTEL
‘n Skokkende video van ‘n vrou wat in ‘n hysbak deur ‘n pitbull verskeur is, maak wyd opslae op sosiale media.
Die vrou van Columbia het probeer om van die pitbull af weg te kom, toe die hond agter haar aangehardloop het en haar in die hysbak begin byt het.
Die 25-jarige vrou was glo besig om haar skoene aan te trek toe een van die ander inwoners se hond haar begin aanval het.
Haar reaksie was om in die gang af te kruip in die hoop dat iemand haar sou raaksien en haar help, maar omdat sy op die vyfde vloer van die gebou was, het sy probeer om met die hysbak na ‘n vloer te gaan waar iemand haar sou kon help.
Sy het glo haar bebloede hand gebruik om ‘n knoppie in die hysbak te druk. Toe die deure oopgaan, het die pitbull haar weer gebyt en haar uitgesleep en in ‘n plas bloed agtergelaat.
Sy het ernstige beserings aan beide haar hande opgedoen en is in die hospitaal opgeneem ná mense in die gebou haar uiteindelik kon help. – SAUNCUT
WAARSKUWING: DIE VIDEO MAG SENSITIEWE KYKERS ONTSTEL



