Musiekgroep van Oekraïne: ‘Ons is nie bang om onder die bomme te speel nie’

Deel hierdie storie / Share this story

In n video wat een van die lede van Antytila, ‘n bekende en gewilde musiekgroep van Oekraïne, geplaas het, vra hulle vir Ed Sheeran of hy hulle op 29 Maart sal toelaat om deel te wees van die geleentheid wat Sheeran hou om geld in te samel vir die oorloggeteisterde Oekraïne.

Die konsert vind in Birmingham plaas en Antytila wil via die internet deel wees van die konsert.

“Ons is nie bang om onder die bomme te speel nie.”

“Wanneer daar vrede is, speel ons op ‘n verhoog. Die oorlog het ons lewens verander.”

“Ons groep sal in Kiëf speel, ‘n stad wat nog nie opgegee het nie en ook nooit sal opgee nie. Ons wil deur ons musiek vir die wêreld wys dat Oekraïne sterk en onoorwonne is. Ons sal voor die hele wêreld baklei en sing vir oorwinning.”

Dink jy Ed Sheeran sal instem om saam met Antytila op te tree?