André Pienaar is Donderdag 10 maande tronkstraf opgelê ná hy ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het. Hy is net op een aanklag skuldig bevind ná hy aanvanklik van ander misdade soos poging tot moord aangekla is.
Lesers is woedend oor die uitspraak.
Corine van Molendorff Taljaard wil weet wat gaan gebeur met die groep mense wat in Bloemfontein besig is om die lughawe te plunder.
Annarien vd Wal Jacobs sê: “Dis darem so onregverdig! Bid vir sy veiligheid.”
Anita Johanna Shemmans sê: Breek my hart!!! Hy is mos nie ‘n krimineel nie, dink net as ‘n man het hy genoeg gehad, en op die ingewing van al die vorige gebeure instinktief opgetree.”
“Dis blerrie pateties,” sê Adriaan van Rooyen.
Sharon Diana Bouch sê: “So hartseer. Sy arme vrou en kinders. En nou gaan sy 14 werkers sonder werk ook nog sit.”
Lees die vorige berig hier.



