Eerste Minister Andrew Holness het aan prins William en die hertogin van Cambridge, Catherine, bevestig dat Jamaika poog om “sy ware ambisies te vervul” om “onafhanklik” te word.
Toe die egpaar Dinsdag in Jamaika aankom, het hulle betogings teëgekom wat slawevergoeding van die monargie wil hê, asook ‘n dekreet om koningin Elizabeth haar rol as staatshoof te laat vaar.
Tydens sy verkiesingsveldtog het Holness – wat die amp sedert 2016 beklee – belowe om Jamaika van ‘n grondwetlike monargie in ‘n republiek te verander en met sy ampsaanvaarding het hy belowe om die koningin te vervang met “‘n nie-uitvoerende president as staatshoof.”
Vier maande gelede het die naburige Karibiese eiland Barbados bande met die koningin verbreek en ‘n republiek geword.
Bronne: Newshub, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Taliban beveel middel- en hoërskole vir meisies om te sluit



