Skole vir meisies het skaars oopgemaak vir ‘n nuwe akademiese jaar in Afghanistan voordat die Taliban hulle beveel het om te sluit.
‘n Televisiespan het Woensdagoggend ‘n les in ‘n klas by Zarghona High School for Girls in Kaboel verfilm toe ‘n onderwyser die klas binnegekom en die studente beveel het om huis toe te gaan.
Die studente, wat hulle verheug het oor hul terugkeer skool toe vir die eerste keer sedert die Islamitiese fundamentaliste verlede Augustus die bewind oorgeneem het, het hul boeke toegemaak, hul goed gepak en die klaskamer in trane verlaat.
“Ja dit is waar,” het Inamullah Samangani, Taliban-woordvoerder, sonder verdere kommentaar aan AFP gesê
Dit bevestig berigte dat die meisies regoor die land gevra is om terug te keer huis toe.
Geen rede vir die sluiting is nog gegee nie.
Bronne: BBC, EuroNews
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Tjellis van Kharkiv speel buite verwoeste polisiekantoor



