Ouers van leerlinge by Laerskool Kgabang ruk vanoggend op na die skool in ‘n poging om die skool en die departement in kennis te stel van die rioolprobleem wat glo al maande by die skool aangaan.
Anathi Ndumiso, een van die ouers van die skool, sê die ouers het nou die hekke versper en weier dat hulle kinders verder in die “walglike omstandighede” skoolgaan.

Sy vertel hulle het al verskeie kere probeer om die betrokke persone by die skool, die munisipaliteit, die departement van onderwys in te lig van die situasie, maar dat niks glo daaraan gedoen word nie.
“Ons kinders sukkel. Die reuk is vreeslik en ons as ouers dink nie dis reg nie. Die laaste vyf weke is die riool aanhoudend ‘n probleem.”





