‘Vergewe my Here,’ smeek Senekal-boer

Deel hierdie storie / Share this story

Andre Pienaar, die boer wat na die Senekal-optogte in Oktober 2020 in hegtenis geneem is, se saak “lyk nie goed nie”. So sê Genevieve de Jager, ’n vriendin van Pienaar en die vermoorde Brendin Horner.  

Die 21-jarige plaasbestuurder Brendin Horner is in 2020 wreed op ‘n plaas vermoor. Sy pa het die volgende oggend op sy liggaam afgekom.

Groot woede het die dag by die hof geheers toe die twee moordbeskuldigdes in die Horner-saak vir die eerste keer in die hof op Senekal verskyn het.

Pienaar is daarna in hegtenis geneem na hy beskuldig is van sy betrokkenheid by die optogte.

Pienaar is aanvanklik borgtog geweier en moes die hooggeregshof nader waar hy borgtog van R15 000 gekry het.

Pienaar se saak sal op 24 en 25 Maart in die hof voorkom en De Jager sê hy is baie moedeloos. “Ek het opgestaan teen plaasmoorde en nou moet ek tronk toe gaan,” het hy gesê.

De Jager sê Pienaar het nou die punt bereik waar hy wil verskoning vra vir as hy verkeerd opgetree het en net vir gebede wil vra.

“Daar is nou niks anders as gebede wat meer sal kan help nie.”

In ’n WhatsApp-boodskap wat Pienaar aan De Jager gestuur het, bid hy:

Here, ek kom vandag na U toe. Ek soek skuilplek by U voete. Sit U engele om my en hou my vas Here, sodat ek nie sal vrees voel nie, maar vir U naby my. Vergewe my wat ek die dag verkeerd opgetree het omtrent plaasmoorde. Here, ek berou as ek verkeerd opgetree het. Daarom vra ek vir U, help my, herstel my, sodat ek U kan dien soos wat van my verwag word. As ek by U skuiling soek, sal ek nie meer bang wees vir gevaar en aanvalle nie, Here, want ek het U gevra help die wat my ook wil help, Here gee hulle die wysheid en krag. Dankie Here. Amen.”

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Tante van vermoorde Jacques Pretorius praat