Twee nuwe vakke vir SA-skole

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van onderwys het sy jaarlikse prestasieplan vir 2022/23 gepubliseer met die aankondiging dat twee nuwe vakke volgende jaar in Suid-Afrikaanse skole aangebied sal word.

Die twee nuwe vakke is Coding en Robotics, wat na verlede jaar se suksesvolle loodsprojek by die 2023-kurrikulum gevoeg sal word.

Jonger grade, sowel as gr. 7-klasse, was die eerste om die hoëtegnologielesse te ondervind – en ander jaargroepe sal binnekort hulle voorbeeld volg:

• Die loods van die konsepkodering- en robotika-kurrikulum gr. R-tot-3 en gr. 7 het laat in 2021 plaasgevind

• ‘n Volskaalse implementering vir hierdie grade word vir die 2023- akademiese jaar beplan.

• Die kodering en robotika-loods vir gr. 4-6 en 8 word vir 2022 beplan.

• Dit sal in 2023 deur ‘n gr. 9-loodsprogram gevolg word.

• Die volskaalse implementering vir gr. 4-6 en 8 word vir 2024 beplan.

• Uiteindelik sal ‘n volledige integrasie vir gr. 9 in 2025 plaasvind.

Bronne: MSN, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Meer as 300 kinders van 10 tot 14 jaar skenk in ses maande geboorte in die Oos-Kaap