’n Saak van verkragting is by die Bloemfontein-polisie geopen na ’n 10-jarige meisie by ’n volwassene gekla het oor pyn na sy glo deur drie mans verkrag is.
Lt.-kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die drie verdagtes is Maandag in hegtenis geneem op aanklagte van verkragting.
Lt.-kol. Covane sê die meisie het ’n 34-jarige wat nie familie is van haar nie, ingelig daarvan dat sy pyn in haar privaatdele ervaar het omdat sy glo deur drie mans verkrag is.
Haar oom (23), nog ’n familielid (30) en ’n vriend van die twee (25) is in hegtenis geneem.
Lt.-kol. Covane sê die verdagtes is omstreeks 20:00 in Namibia Square in hegtenis geneem en sal vandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT hier op Facebook.



