Model wat Poetin ‘n ‘psigopaat’ noem, se liggaam in tas gekry

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Russiese model wat president Wladimir Poetin op sosiale media ‘n “psigopaat” genoem het, se liggaam is in ‘n tas gevind.

New York Post berig die 23-jarige Gretta Vedler het ‘n jaar gelede vermis geraak kort ná haar uitlating oor Poetin op sosiale media.

Vedler se eks-kêrel, Dmitry Korovin (23) het nou erken dat hy haar verwurg het voor hy meer as 300 myl (ongeveer 423 km) gery het en haar liggaam in die kattebak van ‘n motor gelos het.

Korovin het vir owerhede gesê dat hy vir drie aande in ‘n hotelkamer saam met haar liggaam geslaap het na hy dit in ‘n nuwe tas gesit het. Die man het toe haar liggaam vir ‘n jaar in die tas agter in ‘n kattebak gelos, maar het op haar sosialemedia-platforms plasings gemaak sodat dit lyk asof sy nog leef.

Hier is een van die plasings wat Vedler oor Poetin gemaak het:

“I can only assume, in my opinion, clear psychopathy or sociopathy is seen in him. For psychopaths, it is important to constantly experience a sense of fullness and sharpness of life, so they love risk, intense experiences, intense communication, intense activity – an intense and dynamic life.”

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Tante van vermoorde Jacques Pretorius praat