Tamsyn Maker, die plaaslike sanger van die groep Blackbyrd, is skielik oorlede. Huldeblyke het op sosiale media vir die sanger ingestroom.
Emo Adams het op sy Twitter gesê: “Ons verloor te veel sonder waarskuwing of tekens…”
LEES OOK: Was Hailey Bieber ingeënt?
Haar kêrel, Kyle Davids, het op Facebook ‘n huldeblyk aan haar gebring en gesê sy het hom gewys hoe mooi die liefde is. “Jy het jou kosbare tyd saam met my deurgebring en vir my gewys hoe mooi liefde is. Jy is amazing en sal altyd in my hart wees. Hoe pragtig is jy , jy is ‘n goddelike blink lig !! Jy gaan gemis word, en vir altyd geliefd word!!! ❤️ Kan nie wag om jou weer te sien baps nie! 😩💕💕Rus goed my koningin alles gaan ok wees 😘😢👑”.
Die besonderhede van haar dood is nog onbekend. Daar sal 17 Maart om 17:30 by Jonkershuis in Constantia in die Kaap ‘n buitelig piekniek wees om haar lewe te vier.



