Sosialemedia-gebruikers wonder: Was Hailey Bieber ingeënt?

Deel hierdie storie / Share this story

Sosialemedia-gebruikers wonder nou, na sy Donderdag simptome van ’n beroerte ervaar en met ’n bloedklont op haar brein gediagnoseer is, of die 25-jarige Hailey Bieber teen Covid-19 ingeënt is.

Hailey het Saterdag bekendgemaak sy was aan die ontbyt eet saam met haar man, Justin Bieber, toe sy die simptome begin ervaar het. Sy is na ‘n hospitaal geneem, maar het vinnig herstel na haar liggaam die bloedklont self kon uitwerk.  

Ten spyte van die feit dat geen bewyse bekendgemaak is dat Hailey se skielike toestand met die Covid-19-inenting verbind kan word nie, glo anti-vaxxers vas dat dit die rede vir haar diagnose was.

Twitter-gebruikers vra of Hailey ingeënt was en voel dit was die rede. Van hulle weet van gesonde familielede wat dieselfde oorgekom het na hulle teen Covid-19 ingeënt is.

https://twitter.com/sweetdeesez/status/1502908658790793217?t=XxJJkqvf69OpxrqwtcjHDw&s=19

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.