Sekuriteitswagte geskors ná ‘skokkende’ aanranding op kamera vasgevang

Deel hierdie storie / Share this story

Die reguleringsowerheid vir die private sekuriteitsbedryf (Psira) het gesê hulle sal stappe neem teen twee private sekuriteitswagte wat verfilm is waar hulle ‘n man in Stellenbosch slaan.

Die PSIRA HUB het gesê hy het die “skokkende” beeldmateriaal gesien het waarin twee veiligheidsbeamptes ‘n man in bedwang hou en aanrand.

In die video word gesien hoe die beamptes die man grond toe dwing en hom herhaaldelik op die kop en bolyf skop. Die voorval het glo vroeër vandeesmaand ná 01:00 buite die Eikestad Mall plaasgevind.

Volgens die polisie is geen klagte oor die beweerde aanranding geregistreer nie.

Bronne: Cape Talk, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Nuwe wetsontwerpwysigings stel veranderinge vir pensioenarisse voor – ‘oud’ kan 60 wees