Volgens president Cyril Ramaphosa se nuutste nuusbrief erken hy dat ‘n groot hoeveelheid gesteelde openbare fondse nog teruggevind moet word, en sê hy dat hy vol vertroue is dat die agentskappe dit sal terugkry.
Hy sê een van die doeltreffendste wapens in die stryd teen korrupsie en staatskaping is die Spesiale Tribunaal van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) wat hy in 2019 gestig het
“Die tribunaal is in die lewe geroep om litigasie te bespoedig en dit maak dit moontlik dat fondse en staatsbates wat weens korrupsie verloor is, vinniger verhaal kan word.”
Luidens die nuusbrief is sowat R8,6 miljard reeds van onwettige kontrakte verhaal sedert die totstandkoming van die Spesiale Tribunaal.



