Hailey Bieber herstel na bloedklont op haar brein

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende sanger Justin Bieber se vrou, Hailey Bieber, het herstel na sy Donderdagoggend simptome van ’n beroerte begin ervaar het.

Die 25-jarige Hailey sê sy was besig om saam met Justin ontbyt te eet toe sy van die simptome bewus begin word het. Sy is na ‘n hospitaal geneem, waar sy gediagnoseer is met ’n klein bloedklont op haar brein.

Die bloedklont het glo gelei tot ’n tekort aan suurstof, maar Hailey se liggaam kon die bloedklont self uitwerk en sy het binne ure na die episode herstel.

People berig die bloedklont kan weens verskillende redes vorm en kom veral meer in jonger mense voor.

Dr. Shazam Hussain, direkteur by die Cerebrovascular Centre by die Cleveland Clinic sê dis belangrik om op te let na dinge soos hoë bloeddruk, diabetes, hoë cholesterol en suiker. “Wanneer jonger mense beroertes kry, kyk ons gewoonlik na dinge wat bloedklonte in die bloed kan veroorsaak; dit kan oorerflik wees.”

Lees ook: Vermoorde Jacques Pretorius se tante praat

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.