Lewis Hamilton wil sy naam verander

Deel hierdie storie / Share this story

Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton beplan glo om sy naam te verander om sy ma, Carmen Larbalestier, se van in te sluit.

BBC berig die 37-jarige Brit wil Larbalestier as ‘n middelnaam insluit eerder as om dit by sy van te voeg.

“Ek is regtig trots op my familie se naam. My ma se van is Larbalestier en ek gaan dit by my naam voeg

“Ek wil  hê haar naam moet voortgaan met die Hamilton-naam.”

Die Mercedes-jaer Hamilton het voor die begin van die 2022-seisoen, wat hierdie naweek begin, gesê hy verstaan nie regtig ​​hoekom as ‘n vrou trou, sy haar van moet verloor nie.

Hamilton se ouers is geskei toe hy ‘n kind was.

Volgens Hamilton “werk” hy aan die naamsverandering, maar dit sal nie voor die Bahrain Grand Prix amptelik wees nie.

Hy keer terug vir die nuwe seisoen na ‘n mate van twyfel oor sy deelname, na die omstrede einde van die laaste veldtog.

Max Verstappen het Hamilton op die laaste rondte van die laaste ren van die seisoen verbygesteek om die wêreldtitel te verower.