Die departement van korrektiewe dienste (DKD), in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), het ‘n soektog van stapel gestuur na die ontsnapping van vier gevangenes vroeër vandag by die Rooigrond- korrektiewe fasiliteit, naby Mahikeng in die Noordwes.
Volgens die SAPD sal ‘n volledige ondersoek ingestel word, rakende die omstandighede van die ontsnapping.
Zacharia Francisco Nyalimate (Mosambieker), wat 27 jaar tronkstraf uitdien, is skuldig bevind aan huisbraak en moord.
Alfred Gwambe (Mosambieker) is skuldig bevind aan huisbraak, diefstal, en besit van ‘n gesteelde voertuig en dien 65 jaar tronkstraf uit.
Siyabonga Sithole (Suid-Afrikaner) is skuldig bevind aan verkragting, diefstal en huisbraak en dien ‘n lewenslange vonnis uit.
Edward Madiba (Suid-Afrikaner) is skuldig bevind aan roof en die onwettige besit van vuurwapens en dien 15 jaar tronkstraf uit.
Die departemente doen ‘n beroep op die publiek om te help met enige inligting wat kan lei tot die arrestasie van die vier.
Hulle word as gevaarlik beskou en as hulle opgemerk word, moet daar dadelik met die naaste polisiestasie kontak gemaak word.




