Vyf mense verdrink tydens ritueel in rivier

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die Vrystaat doen ‘n beroep op lede van die gemeenskap om versigtig te wees vir verdrinkings na vyf mense dood is tydens geloofsrituele.

Saterdag 12 Maart omstreeks 13:30 het die polisie inligting ontvang oor mense wat by Vetrivier op die R719 Wesselsbron/Bultfonteinstraat verdrink het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ‘n omstander het vir die polisie gesê ‘n ma het haar 12-jarige in die water vasgehou tydens die ritueel toe sy onder die water verdwyn het.

Vier mans het probeer om die kind te red, maar het ook verdrink.

Die liggame is deur polisieduikers uit die rivier verwyder.