Die Gautengse polisie het vandeesweek meer as 26 000 vuurwapens uit sirkulasie gehaal nadat dit Donderdag in Vanderbijlpark vernietig is.
Maroela Media berig die vuurwapens wat vernietig is, is óf gekonfiskeer óf die vuurwapen-eienaars het dit vrywillig aan die polisie oorhandig.
Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, is die meeste van die vuurwapens wat vernietig is tydens die amnestie-tydperke ingegee.
Die polisie moet volgens haar voortdurend onwettige vuurwapens uitsnuffel en uit sirkulasie verwyder, aangesien dit gebruik word om gewelddadige misdade te pleeg.
Sy het gesê deur die vuurwapens te smelt, verseker hulle dat die verspreiding van vuurwapens ʼn behoorlike nekslag toegedien word.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Juffrou gehospitaliseer nadat vyfjarige haar in ‘afkoelkamer’ slaan



