Juffrou gehospitaliseer nadat vyfjarige haar in ‘afkoelkamer’ slaan

Deel hierdie storie / Share this story

’n Onderwyser van Miami is onlangs in die hospitaal opgeneem nadat sy deur ’n vyfjarige geslaan is. Volgens berigte het die seuntjie en ‘n vierjarige kind ‘n vloermoer gegooi deur stoele in die klaskamer rond te gooi, waarna sy hom na die skool se “afkoelkamer” geneem het.

Daar het sy vloermoer voortgeduur en hy het die onderwyser met sy vuiste begin slaan en haar geskop. ‘n polisiebeampte is na die skool uitgeroep om te help.

Die beampte wat op die oproep gereageer het, sê hy het die onderwyser uitasem op die vloer gevind. Sy het flou voorgekom en was nie in staat om te praat nie.

“Sy het toe begin hoes, dus het ek haar op haar sy laat lê en haar kop regop gehou om ’n oop lugvloei te behou en moontlike verstikking te voorkom.”

Die onderwyseres is na die Memorial-streekhospitaal vir behandeling en waarneming geneem.

Bronne: MSN, Independent

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Moët & Chandon: Sjampanje herroep oor moontlike dwelms