Moët & Chandon: Sjampanje herroep oor moontlike dwelms

Deel hierdie storie / Share this story

Bottels Moët & Chandon-sjampanje word regoor die Europese Unie herroep omdat dit met ecstasy besmet kan wees.

Daar was verskeie berigte dat die Moët & Chandon Impérial Ice drieliter-bottels besmet is. Dit is onduidelik hoe die dwelm in die bottels on beland het.

Daar is glo gepeuter met van die bottels, heeltemal leeggemaak van sjampanje en dan met suiwer vloeibare ecstacy gevul.

Die betrokke drieliter-bottels het die lotnommer LAJ7QAB6780004.

Volgens die Netherlands Times het sjampanje wat met ecstacy besmet is nie borrels nie, en het ‘n rooibruin kleur wat mettertyd donkerder word en na anys kan ruik.

Die Nederlandse Voedsel- en Verbruikersprodukveiligheidsowerheid (NVWA) het ook ‘n waarskuwing oor die sjampanje uitgereik.

“Selfs om ‘n vingerpunt in die vloeistof te doop en dit te proe, kan tot ernstige gesondheidsprobleme lei, selfs sonder om te sluk. Om ’n klein sluk te neem, kan noodlottig wees,” het die NVWA gesê. Dit kan nie uitgesluit word dat daar ander bottels van dieselfde handelsmerk in omloop is wat ook ecstasy bevat nie,” het NWVA gesê.

Bronne: MSN, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Man ry deur die hekke van die Russiese ambassade in Ierland