Tien Suid-Afrikaanse studente het gister op die O.R. Tambo lughawe vanuit die oorloggeteisterde Oekraïne geland.
Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) sê hulle sal nou berading ontvang.
ʼn Groep van 25 is uit die Oekraïne na buurlande, insluitend Hongarye, Pole en Roemenië, ontruim ná Rusland se dodelike inval twee weke gelede.
Hierdie eerste groep is met hul geliefdes herenig na ‘n ingryping van DIRCO en verskeie organisasies binne die private sektor.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Eskom het beurtkrag van vyfuur vanoggend af na fase twee afgegradeer



