Eskom het beurtkrag van vyfuur vanoggend af na fase twee afgegradeer

Deel hierdie storie / Share this story

Eskom het beurtkrag van vyfuur vanoggend af na fase twee afgegradeer.

Die kragverskaffer het gisteraand begin om die las van Suid-Afrikaners te verlig en van Fase Vier beurtkrag na Fase Drie oorgeskakel.

Fase Twee beurtkrag sal tot Maandagoggend toe duur. ‘n Woordvoerder van Eskom,

Sikonathi Mantshantsha sê die kragverskaffer kon daarin slaag om sy opwekkingskapasiteit te stabiliseer.

Mantshantsha het egter ‘n beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit steeds spaarsaam te gebruik.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Juffrou gehospitaliseer nadat vyfjarige haar in ‘afkoelkamer’ slaan