Sedert die oorlog twee weke gelede tussen Rusland en Oekraïne begin het, is minstens 71 kinders dood en meer as 100 gewond berig nbcnews.
Dit volg nadat daar ‘n bomaanval op ‘n kinderhospitaal in die beleërde stad Marioepol was.
Ongeveer 17 ander mense is ook tydens die aanval beseer.
In Malyn, in die westelike Zjitomyr-streek, is drie kinders en twee ander mense dood toe sewe huise in lugaanvalle vernietig is.
Twee vroue en twee kinders is Woensdagaand dood toe ‘n bom hul huis in Slobozhanske, ‘n dorpie in die oostelike Izium-streek, getref het. ‘n Vyfjarige meisie het oorleef.
In Irpin, nie ver van die hoofstad Kiev nie, is ‘n 10-jarige meisie ernstig gewond en veg om haar lewe in die hospitaal.



