Slagoffer (21) buite winkelsentrum geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gqeberha is tans op soek na verdagtes wat glo Woensdagmiddag by ‘n winkelsentrum ‘n slagoffer geskiet het.

Sandra Janse Van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

“Woensdagmiddag omstreeks 13:35 het die 21-jarige slagoffer saam met kollegas buite die Kabega Park-winkelsentrum gesit. Terwyl hulle gesit en gesels het, is ‘n skoot afgevuur en die slagoffer het neergeval.”

Volgens Janse van Rensburg het die slagoffer ‘n skietwond aan sy been opgedoen en is na die hospitaal geneem.

Die motief agter die skietery is nog nie bekend nie.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 302 6159 skakel.