Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê die meeste wapens wat gister ná die oor-en-weer-skietery tussen die polisie en ‘n swaargewapende bende in Rosettenville in Johannesburg gevind is, is soortgelyk aan dié wat die polisiediens en die weermag gebruik.
Agt lede van ‘n bende transitorowers is doodgeskiet en nog agt is in hegtenis geneem toe die polisie ‘n rooftog gefnuik het.
Cele sê hulle het die bende die afgelope week dopgehou en het toegeslaan toe hulle onderweg na die rooftog op ‘n polisiehelikopter geskiet en die hulpvlieënier gewond het. Vier polisielede is gewond.
Die polisie soek intussen na nog nege rowers wat weggekom het. Cele sê hulle wil vasstel waar die bende die wapens gekry het.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Minstens 60 in hospitaal opgeneem ná vermoedelike gaslek by JHB-studentekoshuis



