Courteney Cox, meer bekend as Monica in die Friends-faam, sê sy het baie vreemd gelyk met gesigvullers.
In ‘n onderhoud op 20 Februarie met die Britse Sunday Times, sê die 57-jarige sy wou jare gelede jonger lyk.
Sy vertel sy wou jonger lyk en het kosmetiese behandelinge, onder andere gesigvullers, gekry, wat haar laat vreemd lyk het.
“Daar was ‘n tydperk wat ek besef het, ek moet stop. Dit raak mal.”
In 2017 het sy aan die tydskrif NewBeauty gesê dat sy dit moeilik vind om ouer te word, veral in Hollywood. Sy het gepraat oor wat jy alles aan jou gesig kan doen en die gevaar van “laag op laag” aan jou gesig laat werk. Later besef jy, ‘oh sh*t, dit lyk nie reg nie’.
Cox sê sy het haar vullers laat oplos en sê sy is nou so “natuurlik soos wat ek kan wees”.



