Outisme by 27-jarige Demi Burnett gediagnoseer

Deel hierdie storie / Share this story

Die realiteitster Demi Burnett het op haar Instagram aangekondig sy is as outisties gediagnoseer.

Die 27-jarige, wat in Colton Underwood se 23ste seisoen van The Bachelor in 2019 verskyn het, sê sy het ‘n sielkundige evaluasie laat doen.

“Ek is outisties. Daar is ‘n groot stigma wanneer dit by outisme kom. Ek moedig jou aan om oopkop te wees. Al wat ek wil hê, is beter lewenskwaliteit.”

Sy sê verder sy wil seker maak dat enigiemand wat soos sy voel/was, weet hulle is nie alleen nie. Dit kan beter word, sê sy. “Die belangrikste is, dis nie jou skuld nie.”

Volgens die American Outism Association is outismespektrumversteuring (ASD) ‘n ontwikkelingsversteuring wat probleme met kommunikasie, sosiale, verbale en motoriese vaardighede veroorsaak.

Onder die tekens en simptome is probleme om behoeftes of begeertes te kommunikeer, gebrek aan oënskynlike sosiale en emosionele wederkerigheid, probleme om gevoelens te verstaan ​​of daaroor te praat, verkies om nie aangeraak te word nie, ingeperkte, herhalende en stereotipe gedragspatrone en benoudheid deur ‘n verandering in roetine aangebring.

Haar aanhangers het haar geloof vir haar eerlikheid.

“Trots op jou! Jy versprei soveel lig, egtheid en dit is ‘n kant van baie mense wat ons nie baie van sien nie,” sê Jamie Gabrielle.

Cassie Randolph, wat Underwood se keuse was in The Bachelor, het gesê: “Lief vir jou. Jy is so oop en eerlik en so inspirerend.”