Het jy geweet vandag se datum, 22 02 2022, is besonders?
As jy dié datum in numeriese styl skryf, lees dit presies dieselfde van links na regs, van regs na links én onderstebo.
‘n Perfekte palindroom.
Die vorige palindroom was op 12 Februarie verlede jaar. Ons sal ook agt jaar moet wag vir die volgende een. Op 3 Februarie 2030 sal dié spesiale verskynsel weer voorkom.



