Intussen is die bal aan die rol vir die uitleweringsproses vir Moroadi Cholota, Ace Magashule se voormalige assistent. Netwerk 24 berig dat die proses goed op dreef is en al die nodige dokumentasie is geliasseer volgens die hooggeregshof in Bloemfontein.
Cholota is een van die staat se sleutelgetuies in die saak, maar haar naam is ook intussen op die klagstaat as beskuldigde nr 17 aangebring. Magashule maak beswaar daarteen dat Cholota deur die staat ingespan word om teen hom te getuig.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.



