Seun vermoor glo sy ma, word later doodgery

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (26) is kort ná hy glo sy 72-jarige ma vermoor het, deur ‘n VW Polo doodgery.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die man het sy ma Maandagoggend omstreeks 02:00 vermoor.

“Volgens die polisie se inligting, het die vrou in haar oorlede dogter se huis geslaap toe dié se man die huis binnegekom het. Daar was glo ‘n stryery tussen hulle, waarna die vrou met ‘n hamer doodgeslaan is. Sy is op die toneel dood,” sê Naidu.

Haar seun het van die toneel gevlug en familielede van die vrou het die moord gerapporteer. ‘n Moordsaak is oopgemaak.

“Terwyl die polisie nog op die toneel was, is ‘n klagte van strafbare manslag gerapporteer. Omstreeks 04:30 het die bestuurder van ‘n VW Polo die polisie ingelig dat hy iemand raakgery het.”

Naidu sê die polisie het die man, wat voor enige mediese behandeling kon opdaag op die toneel dood is, is later as die verdagte in die moordsak geïdentifiseer.

‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Lees ook: Nightbirde (31) sterf