Vier verdagtes verskyn op verskillende aanklagte in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

Vier verdagtes het verlede week op verskillende aanklagte in die Bloemfonteinse landdroshof in die Vrystaat verskyn. In die eerste voorval is drie verdagtes deur verskillende polisiëringsdepartemente gearresteer vir die besit van gesteelde eiendom ter waarde van ongeveer een miljoen rand.In die tweede voorval is een verdagte deur die taktiese reaksiespan gearresteer vir die kaping van ‘n vragmotor. Polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane sê die verdagtes sal in aanhouding bly in afwagting van hul borgtogaansoek.

Dié nuus word deur Rosestad 100.6FM verskaf.