Swaar reën en sterk winde in Verenigde Koninkryk

Deel hierdie storie / Share this story

Swaar reën en sterk winde het in dele van die Verenigde Koninkryk geheers toe Storm Dudley Woensdag getref het.

Die Met Office het vroeër ‘n waarskuwing uitgereik vir sterk winde wat groot dele van die Verenigde Koninkryk sal beïnvloed.

Sosialemedia-gebruikers het foto’s en video’s gedeel van bome wat omgeval het, groot golwe, sterk wind, reën en die donker, bewolkte lug.

Dele wat die ergste deur die wind geaffekteer word, is dele in Skotland, Noord-Ierland, dele van Wallis en Engeland.

‘n Waarskuwing is Woensdag ook teen oorspoelings in die Lake-distrik uitgereik.

Die Northern Powergrid het vroeër gesê minstens 14 000 mense het kragonderbrekings ervaar.

Honderde huisgesinne in Skotland, Noord-Ierland en dele oos van Engeland het Woensdag kragonderbrekings gerapporteer.

Vervoerstelsels is ook erg deur die winde beïnvloed, aangesien daar in baie dele skade aan elektriese drade aangemeld is.

In Suid-Wallis het ‘n tramolien bo-oor ‘n heining gewaai en reg voor ‘n bewegende trein beland.

‘n Woordvoerder vir die Great Western Railway het gesê: “Ons vra almal om vervaardigers se instruksies te volg oor hoe om items soos trampoliens veilig te bêre wanneer daar swaar wind is, veral as jy naby ‘n treinspoor woon.”