Koningin Elizabeth (95) het positief getoets vir Covid-19, het die Buckingham-paleis Sondag bekendgemaak.
Volgens die verklaring het koningin Elizabeth ligte simptome en sal sy steeds die komende week haar take by die Windsor-kasteel verrig.
Dié nuus kom na Prins Charles, die koningin se oudste seun, op 10 Februarie positief getoets het vir Covid-19, twee dae na hy sy ma by Windsor ontmoet het.
“Sy sal steeds mediese aandag kry en al die nodige maatreëls volg,” lui die verklaring.
Koningin Elizabeth is ook ten volle teen Covid-19 ingeënt.



