Voormalige Springbok-heelagter sterf op die ouderdom van 76

Deel hierdie storie / Share this story

Die voormalige Springbok-heelagter H.O. de Villiers is Sondag op die ouderdom van 76 oorlede.

De Villiers, wat as ‘n baanbreker in Bok-rugby beskou word, het herstel van ‘n beroerte wat hy ‘n rukkie gelede gehad het.

SupaRugby berig De Villiers het vir 14 toetse tussen 1967 en 1970 uitgedraf.

Hy het ook in 38 wedstryde vir die WP gespeel. – SupaRugby