Tagtig kinders is Woensdag na ’n kliniek in Mandeni geneem na hulle aan traangas blootgestel was.
Die voorval het Woensdagmiddag net buite die Laerskool Lower Tugela plaasgevind.
Lt.-kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ’n groep leerlinge van ’n sekondêre skool was deel van ‘n protesaksie.
“Hulle het die skool se vensters, stoele en skoolbanke beskadig. Polisie is na die toneel ontbied en traangas is gebruik om die betogers onder beheer te bring. Wind het die traangas tot by die laerskool gewaai.”
Die leerlinge wat aan die gas blootgestel was, is deur paramedici op die toneel behandel.
IPID het gesê dat hy nie van die voorval bewus is nie. – IOL
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees die nuutste uitgawe van Bloemfontein Online Co. hier.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



